Krone 7 Konsert uitstelling na 2023
Aan al ons Krone kaartjiehouers
’n Reusekonsert verdien ’n reusegehoor. So eenvoudig soos dit.
Die teleurstelling was groot toe Krone 7 in Augustus 2020 noodgedwonge uitgestel moes word as gevolg van die wêreldwye pandemie. Toe kom 2021 en dieselfde grendeltyd-regulasies sorg daarvoor dat die konsert weer uitgestel moet word. Nou, in 2022, is daar weer die besef: Die Krone-konsert gaan nog ’n jaar moet wag.
As gevolg van die huidige Covid-reëls en -regulasies mag konsertsale nie meer as 50 persent vol wees nie. Enigeen wat al ’n konsert in enige van ons land se groot binnehuise ruimtes bygewoon het, sal weet dat dit ’n groot impak op ’n konsert op die skaal van Krone sal hê. ’n Konsert soos Krone moet eenvoudig net voor ’n reusegehoor gehou word.
Ons het die moeilike besluit geneem om die Krone 7 konserte te herskeduleer. Alle herskeduleerde datums bly geldig, so hou vas aan daai kaartjies!
As ondersteunder van Krone sal jy die volgende opsies ontvang aangaande jou kaartjie.
Bly veilig. Baie dankie vir julle ondersteuning.
Ons is almal saam in hierdie ding en ons sien uit om julle volgende jaar te sien by Krone 7!
Moewiese liefde,
Die Krone-span